Sy Kant
Op 'n koue wintersaand het Anri my voete onder my uitgeslaan. Tot my spyt moes ek hoor dit is al die vyfde keer wat ons voor mekaar kon staan.
Van daardie dag af het ek besef sy is een uit 'n miljoen en ek sal graag 'n lang paadjie saam met haar wil stap.
Haar sagte manier van dinge sê en doen is wat my kalm maak. Sy streef altyd om dinge meer as 100% te doen.
Ek dank die Here vir die wonderlike mens in my lewe. Ek sien uit om die res van my lewe met haar te deel.
Ons
Storie




Haar kant
Dit moes 'n aand saam met die meisies wees, maar daardie aand het ander planne in gedagte gehad. My trouman het vir die soveelste keer oor my pad gekom. Hierdie keer was die tyd net reg.
Toe ek Heinrich die eerste keer ontmoet, het ek geweet hy is spesiaal. Ek het net nie besef hoe baie nie.
Ek het my beste vriend ontmoet, met wie ek alles kan deel en wat saam met my opgewonde kan raak oor die klein dingetjies.
Ek sien uit na ons avontuur wat voorlê.